ek sien jou in kerkstraat jou hande in jou baadjiesakke ek wil vir jou vertel van die geel chev net ’n straat weg hoe ek hom wil bestuur vensters afgedraai met jou langs my hoe ek my vingers deur jou krulle wil trek

Poems
EK SIEN JOU IN KERKSTRAAT
- Joha van Dyk, 4 January 2022
dit was hier sal jy my ma hoor sê net om die draai in die oorskulp van die berg het haar motor teen die rots gefluister ’n lover wat helderoordag die wit kar omarm daar was niemand om sy woorde te hoor maar sekerlik was dit kyk vir my dis verby koebaai

DIT WAS HIER
- Joha van Dyk, 4 January 2022