Books
Branderjaer
Deidre Anker se lewe is veilig, onder beheer. Sy het egter nie op Louw Swanepoel gebargain nie. Louw is een van dáárdie ouens.
Die ou wat homself in stormwaters sal gooi vir ’n gevaarlike brander of teen ’n krans sal afduik vir ’n oomblik van adrenalien.
Waaghalsig. Windgat. Alles wat Deidre nie kan verdra nie.
Maar hoe meer tyd sy saam met Louw spandeer, hoe meer besef sy hoe verkeerd sy was. Daar is iets aan hulle, die Branderjaers: Vuur, Kannie, Klippies, Stoke en Bitter. Vyf seuns in ’n hegte broederskap gesmee deur gedeelde pyn en skuld. Sý wil die een wees wat al Louw se geheime ontrafel. Want dis alles of niks.
’n Mens kan nie halfmas lewe nie.
Die leesgids is gratis aflaaibaar! Om die leesgids af te laai, kliek op die volgende skakel:
Vuurvreter
"Dis alles Bloedskuld, Malherbe. Dis die kruks, is dit nie?" sug Charlie en tuur uit oor die water. "Jy gee hulle net soveel as wat jy wil."
"Dis skuld." Sy stem wankel. "Jy moet betaal tot jy klaar is ... Jy kan nie terughou nie. Dis nie hoe dit werk nie."
"Wat as dit kon?" vra sy, met daardie amper-glimlag. "Niks meer as wat jy wil nie. As hulle dink hulle kan meer uit jou kry ... is jy 'n goner."
"Charlie?" fluister hy, maar die wind ruk dit weg. Dit gebeur in 'n oogwink. Een oomblik is Charlie daar, teruggetrekte skouers, hare in 'n stralekrans. Die volgende oomblik is sy weg.
Malhere "Vuur" Albertyn beplan om die somer in Kransbos te spandeer om die magiese Ylwoud te vind. Desperaat op soek na antwoorde, na iets buiten die Bloedskuld wat hy en sy Branderjaer-broers steeds in die arena betaal. Desperaatheid dryf ook vir Mieke om te waag om haar drome na te jaag. Maar dit beteken sy moet Vuur se vertroue wen - die een ou wat haar nie kan verdra nie. En dan is daar Jak, en alles wat ongesê bly tussen hulle ... Kan sy ontsnap deur saam met Malherbe in 'n onvoorspelbare bos te gaan verdwaal? Is Ylwoud die antwoord op Charlie se verdwyning? Vir beide van hulle wag daar 'n besluit: waag of waarheid... Maar daar is nie altyd 'n keuse nie.
Listen up.
Listen to the Branderjaer playlist on Spotify created by the author, while you read the book.
Listen up.
Listen to the Vuurvreter playlist on Spotify created by the author, while you read the book.