Danie Du toit
“Vuurvreter is nie iets wat jy vinnig wil lees nie. Ek wou – het ’n paar uur uitgesit op ’n weeksaand en sommer my verloofde belowe ons kan ’n fliek terselfdertyd kyk. Ek moes later liewer in die kamer gaan sit. Ek was op ’n avontuur, en vir ’n hele paar dae.
Heel van die begin voel mens dat die karakters nie opgemaak is nie. Hul kenmerkende maniere van praat, reageer en dink maak hulle onmiddellik geloofwaardig as mense en selfs maklik om voor lief te wees.
Joha skep haar wêreld met digtheid en ongelooflike moeite. Die tema van die see, byvoorbeeld is teenwoordig op die mees verbasende maniere. Ek het gevind dat ek besig is om te lees oor iemand, dan oor hul horlosie, en dan oor hoe die horlosie êrens in die donker aanhou tik – en dat dit laat voel asof ek onder die branders vasgekeer is. Jy word gedraai en jy word rondgegooi. Alomteenwoordig is die storie, wat jou soos ’n stroom trek na dieper waters.
Die tema van die woud is ook al van vroeg deel van die verhaal, met donker hoeke gevaarlike paadjies waarop die karakters en die leser moet stap. Die hele bos is lewendig, en tree soos nog ’n karakter in die verhaal op – soms amper ’n antagonis.
Die donker in die storie het my ook verbaas. Die amper-pynvol laaste woorde ‘dit is alles net ’n droom’ laat my dink aan die stukkie sjokolade onder aan ’n King Cone. Donker, maar verseker my gunsteling deel van die ervaring.
Hierdie boek het my van die begin tot die einde vasgehou. Beter as ‘n fliek, en meer ritmies as meeste musiek.
Ek stel dit verseker voor – Joha gaan nog een van die grootste name in Afrikaans wees. Doen jouself ’n guns, en kom sommer nou up to date met haar werk.
Danie du Toit .”